Ratings & Reviews performance provides an overview of what users think of your app. Here are the key metrics to help you identify how your app is rated by users and how successful is your review management strategy.
Elke ouer weet dat min dinge so vervullend is as om te sien hoe ’n kind die een mylpaal na die ander haal. Van sit tot staan, van babbelgeluide tot gesels, en dan natuurlik van lees tot skryf. Dit is nie net ’n hoogtepunt in die lewe van ’n gretige graadeentjie nie, maar is ’n noodsaaklike bousteen in ’n kind se ontwikkeling – ’n bousteen wat vir die res van ’n kind se lewe vrugte afwerp. Hierdie afrikaanse toepassing bevat die fonetiese alfabet klanke, dubbelklanke en drieklanke. Eenvoudige woorde is gekies, om dit ook leesbaar vir die beginner leser te maak.