Ratings & Reviews performance provides an overview of what users think of your app. Here are the key metrics to help you identify how your app is rated by users and how successful is your review management strategy.
In ’n wêreld vol toepassings en netwerke wat onderling met mekaar verband hou, kan dit ’n uitdaging wees om in beheer te wees van dit wat gedeel word en met wie dit gedeel word. BlackBerry® DTEK vir Android™ stel jou in staat om jou privaatheidsvlak te sien en te verbeter en om toepassingtoegang tot jou kamera, mikrofoon, ligging en persoonlike inligting te kontroleer. Neem beheer oor met DTEK deur BlackBerry. Sleutelkenmerke: • Kontroleer – Weet met een blik die algehele sekuriteitsbeoordeling vir jou toestel én vir spesifieke sekuriteitskenmerke. Jy kan bepaal of jy nodig het om enige stappe te neem om die sekuriteit van jou toestel te verbeter. • Beheer – Verander maklik jou sekuriteitsinstellings om jou toestel en spesifieke sekuriteitskenmerke se sekuriteitsbeoordeling te verbeter. • Spoor na – Skakel geleentheid-loghouding aan om na te spoor wat jou toepassings doen. Gevorderde nutsmiddels help jou om na te spoor tot watter inligting jou toepassings toegang gehad het, hoe en vir hoe lank dit gebruik word. Dít sluit in watter toepassings toegang het tot jou kamera, mikrofoon, ligging en persoonlike inligting. • Waarskuwing – Word in kennis gestel oor spesifieke toepassingaktiwiteite wanneer jy kennisgewings opstel.